7:35 de la mañana

verlaat mij niet


Kun je de video niet zien? Klik hier.

Moenie weggaan nie - Jacques Brel
(vertaling naar het Afrikaans: Fanus Rautenbach)

Moenie weggaan nie
Jy moet liewer vergeet -
Maar jy moet net onthou:
Verby is verby
Wis uit die tyd
Van misverstand
En die tyd verspil
Die aanhou probeer
Om te vergeet
Van die weggaantyd
Gister het gebeur
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Maar…
Ek belowe jou nou:
gepêrelde dou
Juwele van reën
Want so word ons een
Ek sal die aarde verskuif
Tot lank na my dood
Met glans jou beklee
In goue lig doop
Ek geef jou ‘n ryk
Waar die liefde regeer
Soos die liefde ons leer
In ons klein koninkryk
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Moenie weggaan nie
Kom luister na my:
In elke-dag-taal
Vertel ek vir jou
‘n Liefdesverhaal:
Twee mense leer
Twee harte versmelt
Een liefde ontvlam ‘n tweede keer
Ek vertel ‘n verhaal
Van ‘n koning se nood
Hy sterf van sy liefde
Want weggaan is dood…
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Het jy al gesien -
Hoe ‘n verkluimde vulkaan
Wat afgeleef lyk an die brand kan slaan?
Ek dink dit is waar
‘n Veldbrand wat brand
Maak ryker die oes
As ‘n ryk somersjaar
En kom die dag
Verhelder die lug
As die rooi en die blou
In die aandskemer trou
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

Moenie weggaan nie
So min by nou oor:
Ek huil nie meer
Ek praat nie meer nie
Ek wil nie meer nie
Ek is nie meer nie
Die lewe is leeg
Is leeg sounder jou
Maak my die skaduwee van jou skadu
Maak my die eggo
Van die woorde uit jou mond
Van jou voetstap op die grond
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie
Moenie weggaan nie

red mij niet - maarten van roozendaal

Red mij niet - Maarten van Roozendaal

mouse in manhattan