Sonnet

Sonnet - Elisabeth Eybers [1915 - 2007]

My hele lewe lank sal ek moet boet
omdat ek in ligvaardigheid en lus
jou uit bestaanloosheid se diepe rus
geruk het in die strik van vlees en bloed.

‘n Vrou het die vermetelheid en moed
om godna-apend lewe te laat word
maar nooit kan sy, onmagtig ná haar kort
triomf, vervulling dwing of ramp verhoed.

Sy het haar lot gekies: vir haar sal nooit
vreugde eenvoudig wees of skoonheid klaar,
sy sal niks weet van sorgloosheid en rus,

want ná haar eerste uitdaag van die dood
bly alles slegs ‘n tweestryd tussen haar
en hom, waarvan die afloop seker is.

Verschenen in: Die vrou en andere verse, 1945

aarbeiensmoothie

Voor 2 personen

  • 2½ appel
  • 7 aardbeien
  • ½ sinaasappel
  • ½ banaan

Snij de appel in partjes en doe deze in de sapcentrifuge. Pers een halve sinaasappel. Giet zowel appel- als sinaasappelsap in de blender, voeg de aardbeien en banaan aan het sap toe en stop alles in de blender. Blenden tot het eruit ziet als een smoothie en aan he geliefde serveren met verse croissantjes.

Bron: Innocent, een boekje over smoothies

december - kate bush

ek wil nie meer besoek ontvang nie

Ek wil nie meer besoek ontvang nie - Ingrid Jonker

Ek wil nie meer besoek ontvang nie
nòg met koppies tee boeretroos en veral nie brandewyn nie
ek wil nie hoor hoe hul wag op gevlerkte briewe nie
ek wil nie hoor hoe hulle wakkerlê in hul oogkasse wyl
die ander slaap wyd soos die horison om sy wenkbroue
en wat wil ek weet van hul eenderse kwale
die een sonder eierstokke die ander met leukemia
die kind sonder ‘n draaiorreltjie en die ou man
wat al vergeet het dat hy doof is
die bevlieging van die dood in die robots van groen
die mense wat leef by die see soos in die Sahara
die verraaiers van die lewe met die gesig van die dood en van God

ek wil net alleen wees op reis met my eensaamheid
soos ‘n wandelstok
en glo dat ek nog enig is

Verschenen in: Rook en oker, 1963.

set the fire to the third bar - snow patrol